Modulekode | TRL 810 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Gevorderde vertaalbeginsels en -praktyk. Toepassing deur studente van hul kennis van die gebruik van menslike taaltegnologie (MTT) in die vertaalpraktyk. Spesialisering in verskillende tipes vertaling soos onder andere tegniese vertaling, regsvertaling, literêre vertaling (prosa en/of poësie), administratiewe vertaling (diensprosa), vertaling van advertensies, ens. In oorlegpleging met die dosent, spesialiseer die student in een of meer van hierdie vertaalterreine, in enige twee tale aangebied deur die Taaldepartemente mits die spesifieke taalkombinasie in daardie spesifieke jaar geakkommodeer kan word. Waar moontlik word praktiserende vertalers wat in verskillende tipes vertaling spesialiseer, by die module betrek. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Afrikatale |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App